Veiligheidsmaatreels

Finbond Mutual Bank se Aanlyn Sekuriteitsmaatreëls

Finbond Mutual Bank Internet Bankdienste pas verskeie sekuriteitsmeganismes toe om die sekuriteit van u aanlyn bankdienste te bevorder en om aanlyn identiteitsdiefstal en ander aanlyn bedrog te verhoed

U sekuriteit is ons prioriteit; daarom het ons verskeie sisteme in plek om te verseker dat die risiko dat u geld deur bedrog mag verloor, verminder word. Dit sluit die volgende in:

1. ʼn Twee stap inteken stelsel

U kan slegs inteken by die stelsel indien u as ʼn gebruiker geregistreer is met ʼn persoonlike toegangs rekeningnommer en PIN. Wanneer u inteken, vereis die skerm u rekeningnommer en PIN sowel as ʼn wagwoord en sekere karakters wat willekeurig sistemies gegenereer word. (Captcha)

2. SMS waarskuwing van Internet inteken aktiwiteit

Om te verseker dat u ingelig bly van alle aktiwiteite op u Internet bankdiens, sal u ʼn gratis SMS waarskuwing ontvang elke keer as u inteken. In geval u ‘n SMS ontvang en u nie aangeteken het nie, kontak ons onmiddelik op 0860 004 249.

3. Eenmalige verifikasie wagwoord

Wanneer u ʼn nuwe begunstigde skep, oordraglimiete verander, of enige ander tipe sensitiewe transaksie doen, sal ʼn eenmalige wagwoord, bekend as ʼn Willekeurige Verifikasienommer’/ Random Verification Number (RVN), na u selfoon gestuur word. U moet hierdie nommer in die aangeduide veld intik vir verifikasie. Net voordat betaling gemaak word sal ons nog ʼn eenmalige wagwoord na u selfoon stuur om die transaksie te bevestig. Dit word ʼn Transaksie Verifikasienommer (TVN) genoem. Hierdie wagwoorde kan net eenmalig gebruik word en verminder die kanse om bedrog, aansienlik.

4. Verisign Sekuriteits Sertifikate om die enkripsie van die webblad te verifieer

‘Verisign’, ʼn internasionale publieke sleutelsertifikaat uitreiker, het Finbond Mutual Bank se Internet Bankdienste webblad onderskryf as ʼn veilige en enkripte transaksionele bankdienste webblad, en het ʼn sertifikaat aan Finbond Mutual Bank uitgereik tot die effek, en ter stawing van sodanige bevestiging. Die Sluit en sleutelikoon wat bo of aan die onderkant van u webblaaier verskyn is ʼn aanduiding van dit en u kan op hierdie ikoon kliek vir meer inligting oor die sekuriteitssertifikaat.

5. Verskeie spermure (“firewalls”) om toegang te beperk

Ons Internet Bankdienste maak gebruik van verskeie “firewalls”, of spermure, om seker te maak dat slegs kliënte met geldige kriteria toegang tot die diens kan kry.

6. Gevorderde Enkripsie Sagteware

Ons gebruik die mees gevorderde internasionaal aanvaarde standaarde van inkripsie tegnologie. Huidiglik is daar ʼn 128-bit enkripsie in die webblaaier ingebou. Daarom is dit altyd in u beste belang om u webblaaier gereeld op te gradeer na die nuutste weergawe.

7. Webblad tydafsnyding en outomatiese uitteken

Indien u aangeteken het op Internet Bankdienste en daar is geen aktiwiteit gedurende die aangetekende sessie nie, sal u outomaties afgeteken word.

8. Drie wagwoord mislukking wat veroorsaak dat u rekening opgeskort word

Indien die inkorrekte PIN of wagwoord drie keer na mekaar ingesleutel word, sal die Internet Bankdienste tydelik opgeskort word.

You will be logged off in seconds.

Do you want to continue your session?